
Hier loop die spore van die mense in ons land wat musiek maak omdat dit soos 'n koors in die bloed sit. Dit kook, man. As iets kook, dan's dit hier. KOBUS! kook. Dieremishandelaars kook nie. Halitose kook nie. Djembedromme onder kranige hande kook. Fokofpolisiekar kook DIK. NuL kook, so ook Andra, Straatligkinders, Karen Zoid, Bed on Bricks, Luna en die Fake Leather Blues Band. Rooibaardt kon tot in ewigheid kook met potte en viole, kitare, skille en lap-eendjies en stembande. Die Antwoord kook befok. Hulle gooi Knoffel. Die Heuwels Fantasties kook bedonnerd. Jack Parow kook dat die rook trek. Newton's 3rd kook met mens se kop. Judith kook in die Oos-Rand. Strab kook in Mosambiek. Tidal Waves kook hulle tande los. Sonsteek kook. Robin Auld ook. Die Oos-Rand se kuierplekke kook, maar jy moet mooi na hulle gaan soek. Trike kook, al is hulle permanent die moer in. Koue ryp spanspek kook. Robert Mugabe dink hy kook. Uitvaagsels wat pyn en vrees uitdeel, kook NIE. Buckfever Underground kook. Toast Coetzer. RESPEKT. Springmielies eet in die fliek kook net as jy toemond kou. Pixar kook hoog. Liefde kook net met volmaan. Hentiesbaai, Hansa Pilsener en Duin 7 kook. Elvis en Johnny Cash het gekook. Nou's dit Martin Rocka se beurt.
Skurwe hakskene kook net in Northam.
Up The Creek kook, so ook Rocking The Daisies en Ramfest.
Jy kook, want jy's hier. Moerse dankie.
Kom sit vir 'n rukkie en laat die muis onder jou hand die langpad vat.
En, tensy anders vermeld ------ al die foto's hierbinne is deur my geneem.
-Verbale Windplukker-
"Agter Marabastad is ek gebore in 'n krot
Ek het grootgeword op pap en my eie snot
Die vuur van my gewete het ek lankal reeds versmoor
en toe in die donker my pad verloor ..."
©Thys Nywerheid - Tsotsi (uit: Husse Met Lang Messe - 2008)

"No music, no life."
Tower Records